Judges 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die kinders van Israel: Wie is daar onder al die stamme van Israel wat nie saam met die vergadering na die HERE opgetrek het nie? Want hulle het 'n groot eed afgelê aangaande hom wat nie na die HERE in Mispa opgegaan het nie, en gesê: Hy moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete vra toe vir mekaar: “Watter een van die stamme was nie daar toe ons in Mispa by die Here bymekaargekom het nie?” Hulle het destyds ’n plegtige eed afgelê dat die stam wat nie na die Here in Mispa kom nie, uitgeroei sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israel wat nie opgegaan het na die vergadering, na die HERE toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na die HERE in Mispa nie -- hy moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Israeliete: “Wie van al die stamme van Israel het nie hier na die gemeente, na die Here toe, opgekom nie?” Daar is vroeër 'n eed afgelê dat elkeen wat nie na die Here toe kom in Mispa nie, doodgemaak sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het gesê: “Wie is daar uit al die stamme van Israel wat nie opgetrek het na die saamtrek, na die Here nie?” Want hulle het 'n plegtige eed afgelê teen elkeen wat nie optrek na die Here in Mispa nie. Hulle het gesê: “So iemand moet beslis sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gevra: “Watter Israeliete het nie na die vergadering by die tempel in Mispa gekom nie?” Hulle het in daardie tyd belowe hulle sal almal doodmaak wat nie na die tempel in Mispa kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vra hulle: “Was daar een van die stamme wat nie teenwoordig was toe ons by Mispa in die teenwoordigheid van die Here vergadering gehou het nie?” Hulle het vooraf ’n belofte afgelê dat enigeen wat geweier het om te kom, doodgemaak moes word. |