Judges 21:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het in dié tyd daarvandaan vertrek, elkeen na sy stam en na sy familie, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vergadering van die Israeliete het toe ook uitmekaargegaan volgens hulle stamme en families. Elkeen is van daar af terug na sy grond toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy geslag, en hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete is toe ook daar weg, elkeen na sy stam en sy familie, elkeen na sy grondgebied toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In daardie tyd het die Israeliete daarvandaan uiteengegaan, elkeen na sy stam en sy familiegroep, en van daar af het elkeen van hulle weer na sy erfdeel gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het daarna ook teruggegaan, elkeen na sy plek waar sy stam en sy familie gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terselfdertyd is die res van die stamme van Israel ook daar weg, elkeen na hulle eie stam, familie en grondgebied toe. |