Judges 21:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Benjamin het so gedoen en vir hulle vroue geneem volgens hulle getal, van die dansers wat hulle gevang het; en hulle het gegaan en na hul erfdeel teruggekeer en die stede herstel en daarin gaan woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Benjaminiete het toe so gemaak. Toe die meisies uitkom om te dans, het hulle vir hulle genoeg vroue gegryp. Die Benjaminiete is met hulle weg na hulle eie grond toe. Hulle het hulle stede weer opgebou en daarin gaan woon.
Afrikaans 1933/1953 Die kinders van Benjamin het toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse wat hulle geroof het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe, en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.
Afrikaans 1983 Die Benjaminiete het dit toe gedoen. Terwyl die meisies gedans het, het hulle vir hulle die regte getal vrouens kom steel. Die Benjaminiete is toe daar weg, terug na hulle grondgebied toe. Hulle het hulle stede herbou en daarin gewoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Benjaminiete het toe so gemaak. Hulle het, volgens hulle getal, vroue weggedra uit die dansers wat hulle gegryp het. Daarna het hulle weggegaan en teruggekeer na hulle erfdeel. Hulle het die stede herbou en daarin gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Benjamin-mense het so gemaak. Toe die meisies kom dans het, het elke man vir hom 'n vrou gevat, en hulle het teruggegaan na hulle land. Hulle het die stede weer gebou en hulle het daar gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Benjaminiete het dit toe gedoen. Hulle het die vroue wat aan die feesvierings deelgeneem het, ontvoer en saam met hulle teruggevat na hulle eie grondgebied toe. Hulle het hulle stede herbou en daarin gaan bly.