Judges 21:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle vaders of hulle broers na ons kom om te kla, sal ons vir hulle sê: Wees hulle guns ter wille van ons, want ons het nie vir elkeen sy vrou in die oorlog bewaar nie, want julle het nie gegee nie aan hulle in hierdie tyd, dat julle skuldig sou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer hulle pa’s of broers by ons kom beswaar maak, sal ons vir hulle sê: ‘Julle moet tog verstaan. Ons kon nie genoeg vroue vir hulle in die hande kry toe ons teen Jabes-Gilead gaan oorlog maak het nie. Julle het nie die eed gebreek nie, want julle het nie doelbewus julle dogters vir hulle gegee nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle vaders of hulle broers kom om by ons 'n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan ons, want ons het nie vir elkeen 'n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self het hulle mos nie aan hulle gegee nie; in die geval alleen sou julle skuldig gewees het. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die meisies se pa's of broers 'n klag by ons kom indien, sal ons vir hulle sê: Kyk, ons het nie genoeg vrouens vir hulle in die oorlog gevat nie, en julle is onskuldig, want julle het nie die dogters vir hulle gegee nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle pa's of broers kom om by ons beswaar aan te teken, sal ons vir hulle sê, ‘Wees die Benjaminiete om ons onthalwe genadig, want nie elkeen van ons het gedurende die oorlog vir hom 'n vrou geneem nie. En julle het nie self die meisies aan hulle gegee nie. Net in só 'n geval sou julle skuldig wees.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer hulle pa’s of broers by ons kom kla, dan sal ons vir hulle sê: ‘Los dit asseblief, want ons het nie genoeg vroue vir hulle gekry toe ons teen Jabes-Gilead gaan oorlog maak het nie. Julle is nie skuldig nie, want julle het nie julle dogters vir hulle gegee nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die pa’s en broers by ons kom kla, sal ons vir hulle sê: ‘Probeer tog verstaan, ons kon nie genoeg vroue vir hulle kry toe ons Jabes verwoes het nie. Julle is nie skuldig daaraan dat julle die belofte aan God verbreek het nie, want julle het nie julle dogters vrywillig vir hulle gegee om mee te trou nie.’” |