Judges 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk het by die huis van God gekom en daar gebly tot die aand voor God, en hulle het hul stem verhef en hard geween;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het na Bet-El toe gegaan en die hele dag lank daar voor God hardop staan en huil.
Afrikaans 1933/1953 En toe die manskappe in Bet-el kom, het hulle daar gebly tot die aand toe voor die aangesig van God en hulle stem verhef en geween met 'n groot geween
Afrikaans 1983 Die volk het by Bet-El gekom. Daar het hulle tot die aand toe in die teenwoordigheid van God gesit. Hulle het lank daar gesit en hard gehuil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die volk by Bet-El aankom, het hulle daar tot die aand toe in God se teenwoordigheid gesit. Hulle het hardop en bitterlik gehuil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ná die oorlog teen die Benjamin-mense het die Israeliete na die stad Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor God gesit en aangehou om hard te huil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is toe na Bet-El toe. Daar het hulle tot in die aand in die teenwoordigheid van die Here gesit. Hulle het lank daar gesit en bitterlik gehuil en gesê: