Judges 21:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hulle: Kyk, daar is jaarliks 'n fees van die HERE in Silo op 'n plek wat noord van Bet-el is, aan die oostekant van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en aan die suidekant van Lebona. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar wag,” sê hulle. “Daar is mos elke jaar ’n fees vir die Here in Silo.” Silo is tussen Bet-El en Lebona. Dit is noord van Bet-El, oos van die grootpad wat van Bet-El af na Sigem toe opgaan en suid van Lebona. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n fees van die HERE in Silo wat noord van Bet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebona. |
| Afrikaans 1983 | Maar toe sê hulle: “Kyk, daar is elke jaar 'n fees in Silo tot eer van die Here.” Silo lê noord van Bet-El en oos van die grootpad van Bet-El af Sigem toe en suid van Lebona. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê hulle: “Kyk, daar is elke jaar die fees van die Here in Silo.” Dit lê noord van Bet-El, en suid van Lebona aan die oostekant van die pad wat van Bet-El af opgaan na Sigem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe sê die leiers: “Daar is elke jaar 'n fees van die Here in die stad Silo.” Silo is noord van die stad Bet-El, oos van die pad tussen Bet-El en die stad Sigem, en suid van die stad Lebona. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê hulle: “Daar is mos jaarliks ’n fees in Silo tot eer van die Here.” Silo is noord van Bet-El af na Sigem se kant toe en suid van Lebona. |