Judges 21:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het gesê: Daar moet 'n erfdeel wees vir die vlugtelinge van Benjamin, sodat 'n stam nie uit Israel verdelg word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het gesê: “Daar moet tog erfgename wees vir die Benjaminiete wat oorleef het. ’n Stam kan mos nie net so uit Israel verdwyn nie.
Afrikaans 1933/1953 Verder sê hulle: Die besitting van die wat oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit Israel mag uitgedelg word nie.
Afrikaans 1983 Hulle het verder gesê: “Daar moet erfgename kom vir dié uit Benjamin wat oorgebly het. Daar mag nie 'n stam uit Israel verdwyn nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe: “Daar moet erfgename wees vir dié van Benjamin wat ontkom het. 'n Stam mag nie uit Israel uitgewis word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gesê: “Die mense van Benjamin moet kinders kry, want daar mag nie 'n stam uit die volk Israel verdwyn nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Israel mag nie een van sy stamme verloor nie. Ons moet ’n manier kry om die stam van Benjamin te laat voortbestaan.