Judges 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Benjamin het in dié tyd teruggekom; en hulle het aan hulle vroue gegee wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead laat lewe het, en tog het hulle hulle nie genoeg gehad nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Benjaminiete het teruggegaan na hulle huise toe. Hulle het die meisies uit Jabes-Gilead wie se lewens gespaar is, gekry om mee te trou. Daar was egter nie genoeg vroue vir almal nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Benjamin in die tyd teruggekom; en hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in G¡lead in die lewe behou het, aan hulle gegee, maar so was daar vir hulle nie genoeg nie.
Afrikaans 1983 Die Benjaminiete het dadelik teruggekom, en die vrouens uit Jabes in Gilead wat bly lewe het, is vir hulle gegee, maar daar was nie genoeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Benjamin het toe in dié tyd teruggekeer, en die vroue wat hulle laat lewe het onder die vroue van Jabes in Gilead, is aan hulle as vroue gegee. Maar op dié wyse kon hulle nie genoeg vroue vir hulle kry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Benjamin-mense het teruggegaan en die Israeliete het vir hulle die vroue gegee wat van Jabes-Gilead gekom het. Maar daar was nie genoeg vroue nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Benjaminiete het teruggekom en die volk het vir hulle die meisies uit Jabes in Gilead as vroue gegee. Daar was egter nie genoeg meisies sodat elkeen ’n vrou kon kry nie.