Judges 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele vergadering het sommige gestuur om met die kinders van Benjamin te spreek wat in die rots Rimmon was, en om hulle in vrede te roep.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vergadering stuur toe ’n vredesending na die Benjaminiete wat by die Rimmonrots weggekruip het.
Afrikaans 1933/1953 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.
Afrikaans 1983 Toe stuur die hele gemeente 'n boodskap na die Benjaminiete toe by die Rimmonrots om met hulle vrede te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volksvergadering het toe boodskappers gestuur om met die Benjaminiete wat by die Rimmonrots was, te praat en met hulle vrede te sluit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe stuur die Israeliete boodskappers na die Benjamin-mense by die Rimmon-rots en sê hulle kan terugkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israelitiese vergadering het toe ’n vredesafvaardiging na die oorblywende Benjaminiete gestuur wat by die rots by Rimmon gebly het.