Judges 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het onder die inwoners van Jabes in Gílead vier honderd jongmeisies gevind wat niemand geken het deur met enige man te gemeenskap nie; en hulle het hulle na die laer gebring na Silo wat in die land Kanaän is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het tussen die inwoners van Jabes-Gilead 400 meisies gekry wat nog nooit met ’n man geslagsgemeenskap gehad het nie. Die soldate het hulle saamgebring na die kamp by Silo in Kanaän.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het onder die inwoners van Jabes in G¡lead vier honderd meisies aangetref, jongmeisies wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, en die het hulle na die laer gebring in Silo wat in die land Kanaän lê.
Afrikaans 1983 Onder die inwoners van Jabes in Gilead is daar vier honderd meisies gevind wat nog maagde was en nie geslagsgemeenskap gehad en by 'n man geslaap het nie. Die soldate het hulle na die kamp toe in Silo in Kanaän gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe onder die inwoners van Jabes in Gilead vierhonderd jongmeisies gevind, maagde, wat nie met 'n man gemeenskap gehad het nie. Hulle het hulle na die kamp by Silo, wat in die land Kanaän is, gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne het tussen die mense van Jabes-Gilead 400 jongmeisies gekry wat nog nie by 'n man geslaap het nie, en hulle het die meisies na die kamp in Silo gebring in die land Kanaän.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het 400 meisies in Jabes gekry wat nog maagde was. Hulle het hierdie meisies na die kamp by Silo in Kanaän gevat.