Judges 21:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vergadering het twaalf duisend man van die dapperstes daarheen gestuur en hulle bevel gegee en gesê: Gaan slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, saam met die vroue en die kinders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vergadering het toe van daar af 12 000 soldate gestuur met die bevel: “Gaan daarnatoe en gaan maak almal dood wat in Jabes-Gilead bly, ook die vroue en die kinders. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe stuur die vergadering daarheen twaalf duisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en slaan die inwoners van Jabes in G¡lead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en die kinders. |
| Afrikaans 1983 | Toe stuur die gemeente twaalf duisend dapper soldate met die opdrag: “Gaan bring die inwoners van Jabes in Gilead om die lewe, ook die vrouens en die kinders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volksvergadering stuur toe twaalfduisend man, van die kranigste manne, daarheen met die opdrag: “Gaan en verslaan die inwoners van Jabes in Gilead met die skerpte van die swaard, ook die vroue en kinders. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle stuur toe 12 000 van hulle beste manne en sê vir hulle: “Julle moet die mense van Jabes-Gilead gaan doodmaak, die vroue en kinders ook. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vergadering het toe 12 000 soldate na Jabes toe gestuur met die opdrag om almal, ook die vroue en kinders, dood te maak. |