Judges 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne van Israel het in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan Benjamin as vrou gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het ’n eed afgelê by Mispa: “Ons sal nooit ’n Benjaminiet met enigeen van ons dogters laat trou nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die manne van Israel het al in Mispa gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan 'n Benjaminiet as vrou gee nie.
Afrikaans 1983 By Mispa het die Israeliete 'n eed afgelê: “Nie een van ons sal sy dogter met 'n Benjaminiet laat trou nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Israel het in Mispa 'n eed afgelê: “Nie een van ons sal sy dogter vir iemand uit Benjamin as vrou gee nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Israeliete in Mispa bymekaar was, het hulle belowe dat nie een van hulle sy dogter sal laat trou met iemand uit die Benjamin-stam nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Israeliete by Mispa bymekaar was, het hulle ’n belofte voor die Here afgelê: “Nie een van ons sal ons dogters met ’n Benjaminiet laat trou nie.”