Judges 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk het opgestaan soos een man en gesê: Ons sal nie een van ons na sy tent toe gaan nie, en ons sal nie een van ons in sy huis ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele volk het saamgestaan en soos uit een mond verklaar: “Niemand mag teruggaan huis toe nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe staan die hele volk op soos een man en sê: Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis toe nie;
Afrikaans 1983 Die hele volk het eenparig verklaar: “Niemand mag na sy woonplek toe gaan nie, niemand mag teruggaan huis toe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volk het soos een man opgestaan en gesê: “Niemand van ons sal na sy tent gaan, en niemand van ons sal na sy huis afdraai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe staan almal in die vergadering saam op en hulle sê: “Niemand van ons sal teruggaan huis toe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk het eenparig verklaar: “Nie een van ons, maak nie saak waar jy bly nie, gaan terug huis toe nie.