Judges 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het my byvrou geneem en haar in stukke gekap en haar deur die hele land van die erfdeel van Israel gestuur, want hulle het skandelikheid en dwaasheid in Israel gepleeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het my byvrou se liggaam opgesny en dit deur die hele gebied van Israel rondgestuur. Die mense van Gibea het ’n afskuwelike en sinnelose ding in Israel gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke verdeel en haar rondgestuur in die hele gebied van die erfdeel van Israel, omdat hulle 'n gruwel en 'n skanddaad in Israel begaan het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek haar opgesny en rondgestuur deur die hele gebied wat aan Israel behoort, want die mense van Gibea het 'n afskuwelike en lae ding in Israel gedoen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het my byvrou gevat, haar in stukke opgesny en haar rondgestuur deur die hele gebied van die erfdeel van Israel, want hulle het 'n skandelike daad en 'n gruweldaad gepleeg in Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe my byvrou se liggaam in stukke gesny en ek het die stukke deur die hele land Israel gestuur. Ek wou hê almal moet weet die manne van Gibea het 'n slegte ding gedoen, iets waaroor al die Israeliete hulle moet skaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het ek haar liggaam in twaalf stukke opgesny en een stuk aan elke stam van Israel gestuur; hierdie mans het ’n afskuwelike ding onder ons volk gedoen. |