Judges 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Gíbea het teen my opgestaan en in die nag die huis rondom my omsingel en gedink om my dood te maak; en my byvrou het hulle gedwing dat sy dood is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie nag het mense van Gibea die huis waarin ek was, omsingel. Hulle wou my doodmaak. Hulle het my byvrou verkrag totdat sy dood is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die burgers van G¡bea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het. |
| Afrikaans 1983 | Toe wou die mans van Gibea my kom aanrand, en hulle het my die heel nag omsingel in die huis waar ek was. Hulle wou my doodmaak, en hulle het my byvrou verrinneweer, sodat sy gesterf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die burgers van Gibea het toe teen my opgestaan en in die nag die huis omsingel, oor my teenwoordigheid. Dit was vir my wat hulle wou doodmaak; my byvrou het hulle verkrag, en sy het gesterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die manne van Gibea het slegte dinge gedoen aan my. Hulle het in die nag rondom die huis kom staan. Hulle wou my vermoor, en hulle het my byvrou verkrag tot sy dood is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mans van Gibea het in die nag gekom en die huis omsingel waarin ek was. Hulle wou my aanrand. Om die waarheid te sê, hulle wou my doodmaak, maar op die ou end het hulle my byvrou verkrag tot sy dood is. |