Judges 20:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne van Israel het teruggekeer na die kinders van Benjamin en hulle met die skerpte van die swaard verslaan, sowel as die manne van elke stad, soos die dier en almal wat aan die hand gekom het; ook het hulle al die stede aan die brand gesteek waartoe hulle gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die manskappe van Israel het teruggegaan na die gebied van Benjamin. Hulle het alles, mens en dier, in elke stad doodgemaak. Hulle het alles waarop hulle afgekom het, verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe gaan die manne van Israel terug na die kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref het, het hulle aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1983 | Die manskappe van Israel is terug na die gebied van Benjamin toe. Daar het hulle van stad tot stad gegaan en alles, mens en dier, om die lewe gebring. In al die stede het hulle alles wat hulle aangetref het, verbrand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van Israel het teruggedraai na die Benjaminiete en hulle met die skerpte van die swaard verslaan, van stad en mens tot dier, ja, alles waarop afgekom is. Hulle het ook al die stede waarop hulle afgekom het, aan die brand gesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne van Israel het omgedraai en hulle het in al die stede die ander Benjamin-mense begin doodmaak, mense en diere, en hulle het alles in die stede verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het toe deur die res van die gebied van Benjamin getrek. Hulle het van stad tot stad gegaan en alles, mense, diere, elke lewende ding, doodgemaak. Hulle het elke stad in daardie gebied verbrand. |