Judges 20:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het omgedraai en na die woestyn gevlug na die rots van Rimmon; en hulle het hard agternagejaag tot by Gidom en van hulle twee duisend man gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander het deur die woestyn na die Rimmonrots gevlug. Langs die pad soontoe het die Israeliete nog 5 000 van hulle doodgemaak. Hulle het op die Benjaminiete se hakke gebly tot by Gidom en nog 2 000 van hulle om die lewe gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by G¡deom en twee duisend man van hulle verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Die ander het weggekom na die woestyn toe, na die Rimmonrots toe. Op die grootpaaie het die Israeliete nog vyf duisend man doodgemaak. Hulle het die Benjaminiete nog agtervolg tot by Gidom en twee duisend man om die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het omgedraai, en na die woestyn, na die Rimmonrots, gevlug. Maar die Israeliete het vyfduisend man wat nog op die paaie was, afgemaai. In die hakkejag tot by Gidom het hulle tweeduisend man van hulle neergevel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die ander Benjamin-mense het na die woestyn gevlug, na die Rimmon-rots, maar terwyl hulle gevlug het, het die Israeliete nog 5 000 manne van Benjamin doodgemaak, en tot by Gidom nog 2 000. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander het omgedraai en woestyn toe gevlug in die rigting van die rots van Rimmon. Van hulle is daar nog 5 000 langs die pad doodgemaak. Israel het die res tot by Gidom agtervolg en nog 2 000 soldate doodgemaak. |