Judges 20:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die Benjaminiete rondom omsingel en hulle agtervolg en hulle met gemak vertrap teenoor Gíbea teen sonop.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete wat hulle agtervolg het, het hulle omsingel en genadeloos afgemaai. Hulle is tot oos van Gibea uitgewis.
Afrikaans 1933/1953 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom op die rusplek vertrap tot teenoor G¡bea, aan die oostekant.
Afrikaans 1983 Die Benjaminiete is omsingel en sonder genade agtervolg. Hulle is regoor Gibea, aan die oostekant, platgeloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het Benjamin van alle kante aangeval, hulle onvermoeid agtervolg, en hulle vertrap tot anderkant Gibea, tot aan die oostekant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was Israeliete voor en agter die Benjamin-mense, en hulle het aangehou om die Benjamin-mense dood te maak oos van Gibea. Daar was nie tyd om te rus nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het die soldate van Benjamin omsingel en hulle genadeloos uitgeroei regoor Gibea aan die oostekant.