Judges 20:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het hulle hul rug voor die manne van Israel gedraai na die pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal; en die wat uit die stede gekom het, het hulle in hulle midde vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het omgevlieg om met die pad na die woestyn voor die Israeliete te vlug. Hulle kon egter nie die geveg afskud nie. Dié wat die stad vernietig het, was ook op hulle hakke.
Afrikaans 1933/1953 en hulle het voor die manne van Israel omgedraai op pad na die woestyn; maar die geveg het hulle ingehaal, terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
Afrikaans 1983 Hulle het met die woestynpad voor die Israeliete weggevlug, maar hulle kon die geveg nie vryspring nie, want dié wat die stad in puin gelê het, het hulle verslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het voor die manne van Israel teruggewyk in die rigting van die woestyn. Maar die geveg het hulle ingehaal, en die Israeliete wat uit die stede gekom het, het hulle in die middel vasgekeer en neergevel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het op die woestynpad probeer wegvlug van die Israeliete, maar die Israeliete het aangehou om hulle dood te maak. Ander manne het uit die stede gekom en hulle het ook die Benjamin-mense aangeval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die woestyn in probeer vlug, maar die Israeliete het hulle agternagesit. Dit het nie gehelp nie, want hulle was vasgevang tussen die hoofleër en die soldate wat uit die stad gekom het. Hulle is net daar verslaan.