Judges 20:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die manne van Israel omdraai, was die manne van Benjamin verbaas, want hulle het gesien dat onheil oor hulle gekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israeliete hulle begin aanval, het die Benjaminiete paniekerig geword, want hulle het besef dat ’n katastrofe hulle getref het.
Afrikaans 1933/1953 Toe die manne van Israel dan nou omdraai, het die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die onheil hulle gaan tref;
Afrikaans 1983 Toe die Israeliete omgedraai het om te veg, het die Benjaminiete baie bang geword, want hulle het besef dat 'n groot ramp hulle getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Israel het teruggedraai, en die manne van Benjamin was angsbevange, want hulle het gesien dat 'n ramp hulle getref het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En toe draai die Israeliete om, en die Benjamin-mense het baie bang geword, want hulle het besef hulle verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israelitiese soldate het toe omgespring en hulle begin aanval. Dis toe dat die Benjaminiete vreesbevange geraak het, want hulle het besef dat ’n groot ramp hulle getref het.