Judges 20:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die vlam uit die stad begin opgaan met 'n rookkolom, het die Benjaminiete agter hulle gekyk, en kyk, die vlam van die stad het opgestyg na die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die rookwolk uit die stad begin opstyg, het die Benjaminiete omgedraai, maar die hele stad het reeds in ligte laaie gestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op! |
| Afrikaans 1983 | Toe die rookwolk uit die stad begin opstyg, het die Benjaminiete omgedraai, maar die stad het klaar in vlamme gestaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar het egter 'n rookwolk uit die stad begin opstyg, 'n kolom rook. En toe die Benjaminiete omdraai – kyk, die hele stad was besig om in vlamme op te gaan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe begin die rook uit die stad opgaan, en toe die Benjamin-mense omkyk, het hulle gesien die hele stad is aan die brand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net toe het die rookwolk uit die stad uit opgestyg. Toe die Benjaminiete omkyk, was hulle verstom om te sien dat die hele stad aan die brand is. |