Judges 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviet, die man van die vrou wat gedood is, het geantwoord en gesê: Ek het in Gíbea gekom wat aan Benjamin behoort, ek en my byvrou, om te vernag.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviet, die vermoorde vrou se man, vertel toe: “Ek en my vrou het in Gibea van Benjamin gekom om die nag daar oor te bly.
Afrikaans 1933/1953 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, en sê: Ek het in G¡bea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek en my byvrou, om te vernag.
Afrikaans 1983 Toe antwoord die Leviet, die man van die vermoorde vrou: “Ek en my vrou het in Gibea gekom wat aan Benjamin behoort, om daar te oornag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Levitiese man, die man van die vermoorde vrou, antwoord toe: “In Gibea wat aan Benjamin behoort, het ek aangekom, ek en my byvrou, om te oornag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviet, die man van die vrou wat vermoor is, het toe geantwoord. Hy het gesê: “Ek en my byvrou het in Gibea gekom, 'n stad wat aan die Benjamin-stam behoort. Ons wou daar slaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviet wie se byvrou vermoor is, het vertel: “Ek en my vrou het in Gibea in die gebied van Benjamin aangekom terwyl ons op reis was en besluit om daar te oornag.