Judges 20:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die manne van Israel in die geveg teruggetrek het, het Benjamin begin om van die manne van Israel omtrent dertig man te verslaan en dood te maak; want hulle het gesê: Waarlik, hulle is voor ons verslaan soos in die eerste geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was ’n sein vir die Israeliete om om te draai en terug te veg. Die Benjaminiete het teen daardie tyd al sowat 30 mans van Israel doodgemaak. Die Benjaminiete het gedink dat hulle weer soos die vorige kere die Israeliete sal verslaan.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die manne van Israel omgedraai in die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel sommige neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
Afrikaans 1983 Toe die Israeliete omdraai om te veg, het die Benjaminiete begin om hulle dood te maak. Sowat dertig man is om die lewe gebring, en die Benjaminiete het gedink: ja-nee, hulle is weer deur ons in die geveg verslaan soos die vorige keer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Israel het dus teruggeval in die geveg, en die Benjaminiete het begin om onder die manne van Israel slagoffers te eis – ongeveer dertig man – want hulle het gedink: “Israel word sonder twyfel geheel en al deur ons verslaan, soos in die vorige geveg.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en wanneer die Israeliete die rook sien, dan moet hulle omdraai en begin veg. Die Benjamin-mense het begin om die Israeliete dood te maak, omtrent 30 manne, en hulle het gedink hulle het weer die oorlog gewen soos voorheen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sodra die hoofgroep ’n rookwolk uit die stad uit sien opgaan, moet hulle omdraai. Teen dié tyd het die Benjaminiete wat hulle agtervolg het, reeds die 30 Israeliete doodgemaak en het hulle nog vir mekaar geskree: “Ons verslaan hulle al weer soos die vorige kere!”