Judges 20:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die leuenaars het hulle gehaas en Gíbea aangestorm; en die leuenaars het hulle saamgetrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die manskappe in die hinderlaag het vinnig van alkante in Gibea ingestorm en die inwoners voor die voet doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die hinderlaag vinnig na G¡bea gestorm -- en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan. |
| Afrikaans 1983 | Die manne van die hinderlae het toe gou in Gibea versprei en die stad oorweldig en die inwoners om die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne van die hinderlae het vinnig 'n aanval geloods op Gibea. Hulle het by mekaar aangesluit en die hele stad met die skerpte van die swaard verslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie manne het vinnig in Gibea ingehardloop en hulle het al die mense in die stad doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate wat in die hinderlae gelê het, het vinnig opgespring, die stad oorrompel en al die inwoners van Gibea doodgemaak. |