Judges 20:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is, want die manne van Israel het aan die Benjaminiete plek gegee, omdat hulle vertrou het op die leuenaars wat hulle langs Gíbea gesit het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Benjaminiete het toe besef dat hulle verslaan is. Die Israeliete het teruggeval net om die Israeliete wat in die hinderlaag opgestel was, meer ruimte te gee om te veg. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan die kinders van Benjamin gesien dat hulle verslaan is. En die manne van Israel het aan Benjamin terrein gegee, omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen G¡bea opgestel het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Benjaminiete besef dat hulle verslaan is en dat die Israeliete net vir hulle teruggeval het omdat die Israeliete staatgemaak het op die hinderlae wat hulle teen Gibea opgestel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Benjaminiete het gesien dat hulle verslaan word. Die manne van Israel het net terrein afgestaan aan Benjamin omdat hulle staatgemaak het op die hinderlae wat hulle teen Gibea opgestel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die Benjamin-mense gesien hulle het die oorlog verloor. Dit is wat gebeur het: Die manne van die Israeliete het weggevlug van die Benjamin-mense, want die Israeliete het geweet wat die manne sal doen wat hulle by Gibea laat wegkruip het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Benjamin se leër het geweet dat hulle verslaan is. Hulle het besef dat die hoofgroep van die Israelitiese leër net teruggeval het om die soldate wat in die hinderlaag rondom Gibea gelê het, meer kans te gee om in posisie te kom. |