Judges 20:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op daardie dag vyf en twintig duisend honderd man van die Benjaminiete verdelg; hulle almal het die swaard uitgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het Israel teen Benjamin gehelp. Op daardie dag het die Israeliete 25 100 geharde soldate van Benjamin doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op die dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig. |
| Afrikaans 1983 | Maar die Here het hulle verslaan vir die Israeliete, en die Israeliete het op dié dag vyf en twintig duisend een honderd man van Benjamin, almal dapper soldate, om die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Benjamin voor Israel uit verslaan. Die Israeliete het op daardie dag in Benjamin vyf-en-twintigduisend eenhonderd man neergevel, almal van hulle gewapen met swaarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die Israeliete laat wen, en hulle het daardie dag 25 100 van die Benjamin-mense doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het Israel gehelp om Benjamin te verslaan. Hulle het op daardie dag 25 100 van Benjamin se dapperste soldate doodgemaak. |