Judges 20:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teen Gíbea aangekom, en die geveg was hewig, maar hulle het nie geweet dat onheil naby hulle was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 10 000 geharde soldate van die Israeliete het Gibea van voor af aangeval. Die geveg was so hewig dat die Benjaminiete nie bewus was van die ramp wat op hulle gewag het nie.
Afrikaans 1933/1953 En tien duisend uitgesoekte manne uit die hele Israel het teenoor G¡bea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar Benjamin het nie gemerk dat die onheil hulle sou tref nie.
Afrikaans 1983 Tien duisend dapper soldate uit die leër van die Israeliete het tot regoor Gibea gegaan, en daar is roekeloos geveg. Die Benjaminiete het nog nie besef dat 'n ramp op hulle afkom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en tot reg voor Gibea vorder – tienduisend uitgesoekte manne uit die hele Israel. Die geveg was hewig, maar die Benjaminiete het nie besef dat 'n ramp hulle gaan tref nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en 10 000 van die beste manne van die Israeliete het tot by Gibea gekom. Hulle het almal hard geveg, maar die Benjamin-mense het nog nie geweet hoe sleg dit met hulle sal gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en die Benjaminiete van agter af aanval. Tien duisend uitgesoekte soldate het in hierdie stadium aan die geveg deelgeneem. Die geveg was hewig. Benjamin se soldate het nog nie besef dat hulle ’n ramp in die gesig staar nie.