Judges 20:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die manne van Israel opgestaan uit hulle plek en hulle in slagorde gestel by Baäl-tamar;
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die Israeliete by Baäl-Tamar kom, het hulle in hulle spore omgedraai en reggemaak om terug te veg. Die Israeliete wat wes van Gibea in die hinderlaag gelê het, het uit hulle wegkruipplekke opgespring.
Afrikaans 1933/1953 En al die manne van Israel het hulle stelling verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van Israel aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Geba.
Afrikaans 1983 Wanneer die grootste deel van Israel uit sy plek padgee en by Baäl-Tamar ontplooi, moet die Israeliete wat in die hinderlae lê, uit hulle plekke wes van Gibea opspring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manne van Israel het hulle stellings verlaat en gevegslinies opgestel by Baäl-Tamar, terwyl Israel uit die hinderlae, uit hulle skuilplekke, storm, uit Maäre-Geba,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van die Israeliete het toe weggegaan van hulle plekke en hulle het by die stad Baäl-Tamar gaan wag. Die ander manne wat weggekruip het wes van Gibea, het ook uit hulle plekke opgespring,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die grootste groep van die Israelitiese leër teruggeval het tot by Baäl-Tamar, sal die ander soldate wat in die hinderlae lê, uit hulle plekke wes van Gibea opspring