Judges 20:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die vorige keer. Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hulle van die stad af na die grootpaaie toe trek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Benjaminiete het geskreeu: “Ons gaan hulle weer verslaan soos die vorige kere.” Die Israeliete het egter met mekaar afgespreek om terug te val en hulle van die stad weg te lok na die grootpad toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van Israel het gesê: Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
Afrikaans 1983 Die Benjaminiete het gedink: soos voorheen is hulle weer deur ons verslaan. Maar die Israeliete het afgespreek: “Ons sal vlug en hulle uit die stad uit na die grootpaaie toe lok.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Benjaminiete het gedink: “Hulle word deur ons verslaan soos voorheen.” Maar die Israeliete het afgespreek: “Laat ons vlug en hulle uit die stad lok na die paaie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Benjamin-mense het gedink hulle het die Israeliete oorwin soos voorheen, maar die Israeliete het gesê: “Kom ons vlug, dan sal die Benjamin-mense op die paaie ver van die stad moet kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate van Benjamin het opgewonde geskree: “Ons verslaan hulle al weer soos die vorige kere!” Maar die Israeliete het voor die tyd onder mekaar afgespreek dat hierdie groep voor hulle sou uitvlug om hulle van die stad af weg te lei na die grootpaaie toe.