Judges 20:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Benjamin het uitgetrek teen die volk en is van die stad af weggetrek; en hulle het begin om van die volk te verslaan en dood te maak, soos die vorige kere, op die grootpaaie, waarvan die een opgaan na die huis van God en die ander na Gíbea in die veld, omtrent dertig man van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Benjaminiete het weer uitgestorm om hulle aan te val. Hulle is egter van hulle stad af weggelok. Hulle het soos die vorige kere weer van die Israeliete begin doodmaak. Omtrent 30 Israeliete is in die veld en langs die paaie op pad na Bet-El en Gibea doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die manskappe tegemoet -- hulle is van die stad afgesny -- en, soos die vorige kere, het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan, waarvan die een opgaan na Bet-el, en die ander deur die veld na G¡bea -- omtrent dertig man in Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die Benjaminiete het die soldate tegemoet gestorm, maar die Benjaminiete is van hulle stad af weggelok. Soos die vorige kere het hulle die Israeliete verslaan en begin doodmaak op die grootpaaie na Bet-El en Gibea toe. Hulle het sowat dertig Israeliete om die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Benjaminiete het uitgetrek, die manskappe tegemoet. So is hulle uit die stad gelok. Hulle het begin om, soos die vorige kere, onder die manskappe slagoffers te eis op die paaie, waarvan die een pad na Bet-El opgaan en die ander deur die landerye na Gibea lei – ongeveer dertig man van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en die Benjamin-mense het uit die stad na hulle toe gekom. Die Benjamin-mense het verder en verder van die stad gegaan en hulle het begin om Israeliete dood te maak soos voorheen. Hulle het omtrent 30 manne van die Israeliete doodgemaak in die veld langs die pad tussen Gibea en Bet-El. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die soldate van Benjamin uitkom om teen hulle te veg, het hulle hulle van die stad af weggelok. En net soos voorheen het hulle die Israelitiese soldate begin doodmaak op die paaie wat na Gibea en Bet-El toe gelei het. Hulle het omtrent 30 soldate doodgemaak. |