Judges 20:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle opgestel teen Gíbea soos die vorige kere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het weer op die derde dag teen Benjamin geveg. Hulle het op dieselfde plek teenoor Gibea gaan stelling inneem as die vorige kere. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het op die derde dag teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen G¡bea opgestel soos die vorige kere. |
| Afrikaans 1983 | Op die derde dag het die ander Israeliete teen Benjamin opgeruk en die manskappe regoor Gibea ontplooi soos die vorige kere. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het op die derde dag teen die Benjaminiete opgetrek, en soos die vorige kere gevegslinies teen Gibea opgestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het toe op die derde dag weer gereedgemaak om oorlog te maak teen die Benjamin-mense. Die Israeliete het soos voorheen gereedgestaan om Gibea aan te val, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die derde dag het ’n groep Israelitiese soldate, soos die vorige kere, regoor Gibea ontplooi. |