Judges 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel na Mispa opgetrek het.) Toe sê die kinders van Israel: Vertel ons, hoe was hierdie boosheid? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Benjaminiete het ook gehoor dat die ander Israeliete by Mispa saamgetrek het. Die Israeliete het begin praat oor hierdie lelike ding wat gebeur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Benjamin het gehoor dat die kinders van Israel opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van Israel: Vertel julle hoe hierdie misdaad gepleeg is. |
| Afrikaans 1983 | Die Benjaminiete het verneem dat die ander Israeliete na Mispa toe opgetrek het. Die Israeliete het vir hulle gevra: “Sê ons tog! Hoe het hierdie lae ding plaasgevind?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Benjaminiete het intussen gehoor dat die Israeliete opgetrek het na Mispa. Die Israeliete sê toe: “Vertel ons hoe hierdie bose daad plaasgevind het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Benjamin-mense het gehoor die Israeliete het in Mispa bymekaargekom. Die Israeliete in die vergadering het gesê: “Julle moet praat. Hoe het hierdie slegte ding gebeur?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die boodskap het vinnig by die Benjaminiete uitgekom dat die ander stamme by Mispa bymekaargekom het. Die volk wou weet hoe so ’n ongehoorde ding kon gebeur het. |