Judges 20:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Pinehas, die seun van Eleasar, die seun van Aäron, het in daardie dae voor hom gestaan en gesê: Sal ek weer uittrek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer, of sal ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op; want môre sal Ek hulle in jou hand gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Pinehas, die seun van Eleasar en kleinseun van Aäron, was destyds hulle priester. Hy het vir die Here gevra: “Moet ons aangaan met die geveg teen ons volksgenote, die Benjaminiete, of moet ons daarmee ophou?” Die antwoord van die Here was: “Trek weer op! Môre gaan Ek hulle in julle mag oorgee.”
Afrikaans 1933/1953 en P¡nehas, die seun van Ele sar, die seun van Aäron, het in die dae voor Hom gedien -- en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
Afrikaans 1983 Pinehas, seun van Eleasar seun van Aäron, wat destyds as priester gedien het voor die Here, het gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers die Benjaminiete of moet ons ophou?” Toe antwoord die Here: “Trek op! Môre gee Ek hulle in julle mag.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Pinehas, seun van Eleasar, seun van Aäron, het in daardie tyd voor die Here diens gedoen. Hulle het gevra: “Moet ons weer 'n keer uittrek vir die geveg met die kinders van Benjamin, ons broer, of moet ons ophou?” Die Here het geantwoord: “Trek op, want môre gee Ek hulle in julle hand.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***