Judges 20:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg, want die verbondsark van God was daar in daardie dae, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het by die Here raad gevra. Die ark van die verbond met God was destyds by hulle in Bet-El. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg -- want die verbondsark van God was in die dae daar, |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die Here geraadpleeg; die verbondsark van die Here was destyds by hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarna het die Israeliete die Here geraadpleeg. Die verbondsark van God was in dié tyd daar, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [27-28] Die kis van die Here was in daardie tyd in Bet-El, en Pinehas was in daardie tyd die priester by die kis. Pinehas was van die nageslag van Eleaser seun van Aäron. Die Israeliete het vir die Here gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers, die Benjamin-mense, of moet ons ophou?” Die Here het geantwoord: “Ja, julle moet gaan, want môre sal Ek julle laat wen teen hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [27-28] Destyds was die verbondsark van die Here nog by hulle. Hulle het toe deur die priester Pineas (hy was Eleasar se seun en die kleinseun van Aäron) vir die Here gevra: “Moet ons weer teen ons broers gaan oorlog maak, of moet ons ophou?” Die Here se antwoord was: “Gaan, môre gee Ek hulle in julle mag oor.” |