Judges 20:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die kinders van Israel en die hele volk opgetrek en na die huis van God gekom en geween en daar gaan sit voor die aangesig van die HERE en daardie dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele Israel het toe met sy leër na Bet-El toe gegaan en daar voor die Here gesit en huil en tot die aand toe gevas. Hulle het brandoffers en maaltydoffers vir die Here gebring.
Afrikaans 1933/1953 Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en die dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.
Afrikaans 1983 Al die Israeliete en die hele leër is toe na Bet-El toe en daar het hulle in die teenwoordigheid van die Here gaan sit en huil, en daardie dag het hulle tot die aand toe niks geëet nie. Hulle het brandoffers en maaltydoffers aan die Here geoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die Israeliete, ja, al die manskappe, het opgetrek en by Bet-El aangekom. Hulle het getreur en daar voor die Here gebly. Daardie dag het hulle tot die aand toe gevas en •brandoffers en •maaltydoffers voor die Here gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete, al die manne, het weer na Bet-El gegaan en hulle het daar by die tempel gaan sit en huil. Hulle het die hele dag gevas en hulle het brand-offers en ete-offers vir die Here gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele Israelitiese leër is toe terug Bet-El toe, waar hulle voor die Here gekla en gehuil het tot laat die aand, sonder om iets te eet. Hulle het ook brandoffers en vredesoffers vir die Here gebring.