Judges 20:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Benjamin het op die tweede dag teen hulle uitgetrek uit Gíbea en weer agttienduisend man op die grond van die kinders van Israel vernietig; hulle almal het die swaard uitgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Benjaminiete het weer uit Gibea uitgestorm en hierdie keer 18 000 bedrewe soldate van Israel doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | het Benjamin uit G¡bea op die tweede dag uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van Israel nog agttien duisend man wat almal die swaard uittrek, teen die grond vernietig. |
| Afrikaans 1983 | maar hulle het weer uit Gibea uit gestorm en agtien duisend man van Israel om die lewe gebring, almal goeie soldate. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Benjamin het hulle op die tweede dag uit Gibea tegemoetgetrek, en onder die Israeliete nog agttienduisend man neergevel. Al daardie manne was met swaarde gewapen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het die Benjamin-mense weer uit Gibea gekom en hulle het daardie dag nog 18 000 manne van die Israeliete doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en net soos die vorige dag het Benjamin se soldate by die stad uitgestorm. Hierdie keer het hulle 18 000 opgeleide soldate van Israel doodgemaak. |