Judges 20:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | (En die kinders van Israel het opgetrek en voor die aangesig van die HERE geween tot die aand toe en die HERE raad gevra en gesê: Sal ek weer optrek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? Toe sê die HERE: Trek op teen hom.) |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit was nadat hulle die vorige aand by die Here gaan kla het en Hom gevra het: “Moet ons weer teen ons volksgenote, die Benjaminiete, gaan veg?” Die Here het toe geantwoord: “Trek op en gaan veg teen hulle!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê: Trek teen hom op! |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het vooraf opgetrek en voor die Here getreur tot die aand toe. Hulle het die Here geraadpleeg: “Moet ons weer nader gaan vir die geveg met die kinders van Benjamin, ons broer?” Die Here het toe geantwoord: “Trek teen hom op!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Israeliete het eers weer na die tempel in Bet-El gegaan en hulle het daar tot die aand voor die Here gesit en huil. Hulle het vir die Here gevra of hulle weer oorlog moet gaan maak teen hulle broers, die Benjamin-mense, en die Here het gesê: “Ja, julle moet teen hulle gaan oorlog maak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |