Judges 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volk, die manne van Israel, het hulleself aangemoedig en hulle geveg weer opgestel op die plek waar hulle hulle op die eerste dag opgestel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het hulle moed bymekaargeskraap en die volgende dag weer op dieselfde plek stelling gaan inneem as die eerste dag.
Afrikaans 1933/1953 Maar die manskappe, die manne van Israel, het hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul die vorige dag opgestel het.
Afrikaans 1983 [22-23] Nadat die Israeliete tot die aand toe in die teenwoordigheid van die Here gekla het, het hulle vir Hom gevra: “Moet ons weer teen ons broers die Benjaminiete gaan oorlog maak?” Die Here het geantwoord: “Trek teen hulle op!” Toe het die Israeliete moed geskep en weer hulle manne ontplooi om te veg waar hulle dit die vorige dag gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manskappe, die manne van Israel, het moed bymekaargeskraap en hulle weer in gevegslinies opgestel op die plek waar hulle dit op die eerste dag gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van die Israeliete was dapper. Hulle het weer gaan gereedstaan op die plek waar hulle die eerste dag gestaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [22-23] Die Israeliete het toe teruggegaan Bet-El toe, waar hulle voor die Here gekla en gehuil het tot laat die aand. Toe vra hulle vir die Here: “Moet ons weer teen ons broers gaan oorlog maak?” “Ja, gaan veg teen hulle,” het die Here geantwoord. Hierdie antwoord het hulle weer moed laat skep en hulle is terug stad toe, waar hulle weer die soldate in dieselfde posisies as die vorige dag ontplooi het.