Judges 20:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die owerstes van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God verskyn, vier honderd duisend voetgangers wat die swaard uittrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leiers van die hele volk en van elke stam van Israel het vir die vergadering van die volk van God bymekaargekom. Daar was 400 000 gewapende soldate bymekaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die hoofde van die hele volk, van al die stamme van Israel, het in die vergadering van die volk van God gaan staan -- vier honderd duisend man te voet wat die swaard uittrek. |
| Afrikaans 1983 | Die leiers van die hele volk, van al die stamme van Israel, was daar in die vergadering van die volk van God. Daar was vier honderd duisend voetsoldate wat met die swaard kon veg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die steunpilare van die hele volk, van al die stamme van Israel, het hulle plekke ingeneem in die strydmag van die volk van God. Dit was vierhonderdduisend man te voet, gewapen met swaarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die leiers van die volk van God, van al die stamme van Israel, het na die volksvergadering gekom. Daar was 400 000 manne wat met swaarde kon oorlog maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die stamme se leiers was by hierdie vergadering van die volk van God teenwoordig. Daar was ook 400 000 soldate met swaarde gewapen. |