Judges 20:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die kinders van Israel hulle klaargemaak en opgegaan na die huis van God en God raad gevra en gesê: Wie van ons sal eerste optrek na die geveg teen die kinders van Benjamin? En die HERE het gesê: Juda moet eerste optrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete is eers na Bet-El toe. Daar het die Israeliete vir God gevra: “Watter stam moet die geveg teen Benjamin lei?” Die Here het geantwoord: “Juda moet eerste gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het na Bet-El toe gegaan en God daar geraadpleeg. Die Israeliete het gevra: “Wie van ons moet eerste optrek om teen Benjamin te gaan veg?” Die Here het geantwoord: “Juda moet eerste gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gereedgemaak en na Bet-El opgeruk en God geraadpleeg. Die Israeliete het gevra: “Wie van ons moet eerste optrek vir die geveg met die Benjaminiete?” Die Here het gesê: “Juda eerste!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gereedgemaak en na Bet-El gegaan om vir God te vra wie eerste moet begin oorlog maak teen die Benjamin-mense. Die Here het gesê: “Die Juda-stam moet eerste gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voor die geveg is hulle Bet-El toe om God te raadpleeg. Hulle het vir God gevra: “Watter stam moet die aanval teen Benjamin lei?” “Die stam van Juda,” het die Here geantwoord. |