Judges 20:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Benjamin is in dié tyd uit die stede getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van Gíbea, wat sewe honderd uitgesoekte manne getel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het op daardie dag 26 000 gewapende soldate uit die stede van Benjamin bymekaargekom. Hulle het aangesluit by die 700 soldate wat in Gibea gebly het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die kinders van Benjamin uit die stede is op die dag getel ses en twintig duisend man wat die swaard uittrek, behalwe die inwoners van G¡bea wat getel is: sewe honderd uitgesoekte manne. |
| Afrikaans 1983 | Die Benjaminiete wat uit die stede gekom het, is daardie dag getel, en daar was ses en twintig duisend man wat kon veg, en dit behalwe dié van Gibea. Hulle is ook getel, sewe honderd knap soldate. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Benjaminiete wat uit die dorpe kom, is daardie dag gemonster – ses-en-twintigduisend man met swaarde gewapen. Dit was behalwe die inwoners van Gibea wat gemonster is – sewehonderd uitgesoekte manne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Benjamin-mense het 26 000 manne gehad wat kon oorlog maak, en hulle het nog 700 manne gekies uit die mense van Gibea. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [15-16] Ses en twintig duisend van hulle beste soldate het in Gibea aangekom om hulle by die 700 linkshandige uitgesoekte troepe wat daar gebly het, aan te sluit. Hulle kon keer op keer ’n haar met ’n klip uit ’n slingervel raak gooi. |