Judges 20:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee dan nou vir ons die manne, die kinders van Belial, wat in Gíbea is, dat ons hulle kan doodmaak en die onheil uit Israel kan verdryf. Maar die kinders van Benjamin wou nie na die stem van hulle broers, die kinders van Israel, luister nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oorhandig daardie skurke van Gibea aan ons sodat ons hulle kan teregstel en so die kwaad in Israel kan uitroei.” Die mense van Benjamin was nie bereid om na hulle volksgenote te luister nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Lewer dan nou die slegte manne uit wat in G¡bea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die kwaad uit Israel kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die kinders van Israel, luister nie; |
| Afrikaans 1983 | Lewer nou die straatboewe van Gibea uit sodat ons hulle kan doodmaak en dié soort verkeerde ding uit Israel kan uitroei.” Maar die mense van Benjamin wou nie na hulle volksgenote, die Israeliete, luister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lewer dan nou die klomp booswigte uit wat in Gibea is, sodat ons hulle kan doodmaak en die kwaad uit Israel kan uitroei. ” Maar die mense van Benjamin wou nie luister na hulle broers, die Israeliete, nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nou daardie slegte mense bring wat in Gibea is, sodat ons hulle kan doodmaak. Ons moet hierdie slegte ding wegvat uit die land Israel.” Maar die Benjamin-mense wou nie luister na die ander Israeliete nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lewer hierdie spul siek sondaars van Gibea aan ons uit dat ons hulle kan doodmaak en dié bose ding in Israel kan uitroei.” Maar die mense van Benjamin het hulle nie hieraan gesteur nie. |