Judges 20:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die stamme van Israel het manne deur die hele stam van Benjamin gestuur om te sê: Watter boosheid is dit wat onder julle gedoen word?
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het mense na al die families in Benjamin gestuur om vir hulle te sê: “Daar het ’n skrikwekkende ding by julle gebeur.
Afrikaans 1933/1953 En die stamme van Israel stuur manne deur die hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir 'n misdaad is dit wat onder julle gepleeg is?
Afrikaans 1983 Toe stuur die stamme van Israel die manne na al die families in Benjamin toe met die boodskap: “Wat vir 'n lae ding het hier by julle plaasgevind?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stamme van Israel stuur toe manne uit onder die hele stam van Benjamin om vir hulle te sê: “Wat is hierdie bose daad wat onder julle plaasgevind het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle het eers boodskappers gestuur na al die families in die land Benjamin en gesê: “Daar het 'n slegte ding by julle gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het boodskappers na die stam van Benjamin toe gestuur om vir hulle te vra: “Watse verskriklike dinge vang julle aan?