Judges 20:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons sal tien man uit honderd uit al die stamme van Israel neem, en honderd van duisend en duisend uit tien duisend, om voedsel vir die volk te gaan haal, wat hulle kan doen as hulle by Gíbea in Benjamin kom, volgens al die dwaasheid wat hulle in Israel gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Een tiende uit elke stam van Israel sal kos by die volk gaan haal vir die soldate. Al die ander sal wraak neem op Gibea in Benjamin vir die skandelike ding wat hulle in Israel gedoen het.”
Afrikaans 1933/1953 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd van al die stamme van Israel, en honderd uit duisend, en duisend uit tien duisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het, met G¡bea-Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in Israel begaan het.
Afrikaans 1983 en uit elke honderd man uit die stamme van Israel sal ons tien man vat, uit elke duisend man honderd en uit elke tien duisend duisend om kos by die volk te gaan haal. Wanneer ons in Gibea by Benjamin kom, sal ons hom straf ooreenkomstig die lae ding wat hy in Israel gedoen het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons sal van al die stamme van Israel tien man per honderd neem, honderd per duisend, en duisend per tienduisend, om padkos te gaan haal vir die manskappe, sodat daar by hulle terugkeer met Gibea in Benjamin afgereken kan word na die volle maat van die gruweldaad wat hulle in Israel gepleeg het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons sal een tiende van die manne van elke stam van Israel stuur om padkos te gaan haal, en wanneer hulle terugkom, sal ons die mense van Gibea in die land Benjamin straf oor die lelike ding wat hulle gedoen het in die land Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons sal so te werk gaan: een tiende van die mans van elke stam sal gekies word om te sorg dat die soldate genoeg kos het, die res sal Gibea gaan straf vir die vieslike ding wat hulle in Israel gedoen het.”