Judges 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het as een man vergader, van Dan af tot Berséba, met die land Gílead, tot by die HERE in Mispa.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die Israeliete, van Dan tot by Berseba en uit die streek van Gilead, het in Mispa vir ’n groot vergadering voor die Here bymekaargekom.
Afrikaans 1933/1953 Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Bers,ba, saam met die land G¡lead, byeengekom by die HERE in Mispa;
Afrikaans 1983 Toe het al die Israeliete, dié van Dan tot dié van Berseba en dié uit die Gileadstreek, soos een man as gemeente in Mispa bymekaargekom in die teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die Israeliete het toe uitgetrek. Die volksvergadering het, van Dan tot Berseba en van die Gileadstreek af, soos een man saamgetrek voor die Here in Mispa.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het toe 'n volksvergadering gehou by die tempel in Mispa. Hulle het gekom uit al die plekke in die land, van Dan in die noorde tot Berseba in die suide, en uit die land Gilead.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het al die Israeliete van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide sowel as van die gebied van Gibea in die ooste in ’n groot vergadering by Mispa bymekaargekom in die teenwoordigheid van die Here.