Judges 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom begrawe op die grens van sy erfdeel in Timnat HERE s, op die gebergte van Efraim, aan die noordekant van die heuwel Gaäs.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is op sy grond begrawe in Timnat-Geres, in die heuwels van Efraim, noord van Gaäsberg.
Afrikaans 1933/1953 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.
Afrikaans 1983 en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Geres, wat in die heuwelland van Efraim geleë is, noord van die berg Gaäs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy mense het hom begrawe op sy grond in Timnat-Geres, in die Efraim-berge, noord van Gaäs-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het hom op sy eie grond in Timnat-Serag op die berge van Efraim regoor die Gaäsberge begrawe.