Judges 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die engel van die HERE hierdie woorde aan al die kinders van Israel spreek, het die volk hul stem verhef en geween.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná die engel van die Here die boodskap vir die Israeliete gebring het, het die hele volk in trane uitgebars.
Afrikaans 1933/1953 En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
Afrikaans 1983 Toe die Engel van die Here dit alles vir die Israeliete gesê het, het die hele volk hard gehuil.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat die Engel van die Here hierdie woorde vir al die Israeliete gesê het, het die volk hardop gehuil.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die Engel van die Here dit vir al die Israeliete sê, het hulle hard gehuil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Engel van die Here klaar gepraat het, het die Israeliete almal hardop begin huil.