Judges 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ek ook gesê: Ek sal hulle nie voor jou uit verdryf nie; maar hulle sal wees soos dorings in julle sye, en hulle gode sal vir julle 'n strik wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê Ek nou vir julle: Ek gaan nie hierdie nasies voor julle verdryf nie. Hulle gaan vir julle ’n struikelblok wees. Julle gaan oor hulle gode struikel.”
Afrikaans 1933/1953 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode 'n strik vir julle.
Afrikaans 1983 Daarom sê Ek vir julle: Ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdryf nie. Hulle sal vir julle 'n strik word, en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Ek sê ook vir julle, ‘Ek sal hulle nie voor julle uitdryf nie. Hulle gaan vir julle strikke word en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het ook vir julle gesê Ek sal nie die mense wegjaag wat in die land woon nie. Julle sal niks kan doen teen hulle en hulle gode nie. Julle sal word soos voëls in vangstrikke en vangnette.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat julle nie na My geluister het nie, gaan Ek nie meer hierdie mense voor julle uit laat vlug nie. Hulle sal vir julle ’n doring in die vlees wees en hulle afgode sal julle gedurig verlei.”