Judges 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die HERE daardie nasies verlaat sonder om hulle haastig te verdryf; en hy het hulle nie in die hand van Josua oorgegee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het die Here hierdie nasies net so gelos en hulle nie verdryf nie. Dit is hoekom Hy hulle destyds ook nie in Josua se mag oorgegee het nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.
Afrikaans 1983 Daarom het die Here hierdie nasies met rus gelaat en hulle nie dadelik verslaan en in Josua se mag oorgegee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het die Here daardie nasies met rus gelaat deur hulle nie dadelik te verdryf nie. Hy het hulle ook nie in Josua se hand oorgegee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het toe party van die volke daar laat bly, Hy het hulle nie dadelik weggejaag nie. Hy het nie vir Josua gesê om oorlog te maak teen daardie volke nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het die Here hierdie nasies met rus gelaat en hulle nie dadelik uit die land verdryf nie. Hy het hulle nie aan Josua oorgelewer nie.