Judges 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die toorn van die HERE het ontvlam teen Israel; en hy het gesê: Omdat hierdie volk my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree het, en nie na my stem geluister het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het dan weer woedend geword en vir Homself gesê: “Hierdie volk verbreek die verbond wat Ek met hulle voorouers gemaak het. Hulle luister nie na My nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie, |
| Afrikaans 1983 | Dan het die Here kwaad geword vir die Israeliete en gesê: “Omdat hierdie volk hulle nie steur aan die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het en My nie gehoorsaam nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan het die toorn van die Here teen Israel ontbrand, en Hy het gesê: “Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle voorvaders opgelê het, oortree het, en nie na my stem geluister het nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het baie kwaad geword vir die Israeliete. Hy het gesê: “Hierdie mense doen nie wat Ek vir hulle voorvaders gesê het nie, hulle is ongehoorsaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het die Here baie kwaad geword vir Israel en gesê: “Omdat hierdie volk hulle nie aan my ooreenkoms wat Ek met hulle voorouers gemaak het, steur nie en nie na My luister nie, |